BOERE SE VEILIGHEID : DREIGENDE PLAASAANVAL

●Hierdie wenke hou verband met wanneer ‘n plaasaanval dreig, maar die meerderheid kan en moet ook daagliks en permanent toegepas word op plase (en ook net so in die dorp of stad)ABIS Security Investegations list of points to keep farmers save - BOERE SE VEILIGHEID DREIGENDE PLAASAANVAL
●Inwoners van plaashuis moet hul binnevertrek hul slaapkamer maak, al beteken dit matrasse eetkamer of sitkamer toe dra elke aand, as ‘n plaasaanval dreig.
●Moenie dat jou werkers hiervan weet nie!!! Vermy kamers met buitevensters.
●Maak seker alle vensters, deure en hekke is gesluit en alarm is aan (ook elektriese heining). Beveilig ook jou huis met versterkte binne-hekke en deure, veral waar jy slaap / skuil.
●Moet geen brandstof binne bereik in buitegeboue stoor nie, tensy dit goed toegesluit is. Koppel ‘n tuinslang aan ‘n binnekraan en hou brandblussers reg om vuur te kan blus in die huis. Dis vir as hulle jou huis aan die brand steek om jou uit te kry.
●Maak altyd seker dat alle selfone in die huis vol gelaai is en genoeg lugtyd het. Maak seker dat jy ALLE noodnommers en bure se nommers op ALLE selfone het. 2-Rigting radios en rekenaars se batterye moet ook vol gelaai wees.
●Gebruik Facebook as jy dit het – skakel met Stop Misdaad SA of enige ander Noodblad – dit het al talle lewens gered!!!
●RAAK ONTSLAE VAN ALLE VREEMDES OP JOU EIENDOM!!! Onthou hulle kuier oor en weer en is gasvry teenoor vreemdes en GEE INLIGTING UIT!!! Werkers kan ook geintimideer word om jou kwesbaar te maak of hulle het dalk ‘n wrok teen jou.
●Moenie vreemdes in diens neem nie. Kontak eers vorige werkgewer en kry verwysings – as daar nie verwysings is nie, is daar nie werk nie!!!
●Kry een of twee betroubare werkers aan jou kant en gebruik hulle as informante. Loof ordentlike belongings uit as hulle met lewens-reddende inligting vorendag kom. Dril dit by hulle in dat as die Baas dood is, is die werk ook klaar.
●Moenie jou werkers op die perseel lone betaal nie. Betaal hulle opgemaakte lone binne die bank waar jy geld getrek het of nog beter, betaal hulle elektronies in hul eie rekeninge in. Verplaas die risiko van kontant na hulle toe.
●Wanneer jou werkers wil geld leen, moenie dit dadelik gee nie, sê vir hulle jy het nie geld op die plaas nie, sodra jy terugkom van die dorp (bank) af sal jy kan help.
●Moet nooit jou finansies bespreek of kontant hanteer waar jou huis- of ander werker(s) naby of by is nie.
●Bel jou bure, Plotwag of Plaaswag as jy iets vreemds gewaar, al is dit net oor ‘n deurloper of vee wat bondel of honde wat onrustig is.
●Vergewis jou met jou bure se bewegings en verwittig hulle van jou doen en late. Jou beste hulp bly reg langs jou!!! (2-Rigting radios is eintlik absoluut noodsaaklik hier!!!)
●Raak van alle oortollige los eiendom ontslae wat “begeerlike trekpleisters” kan wees. Vermy dit om produkte op die plaas te verkoop. Verkoop jou vee eerder direk aan koper / slagpale / vendusie, ens.
●Verkoop vrugte en groente slegs sekere ure, met streng voorwaardes OF beter nog, verkoop dit by die hoofpad / stalletjie. Vermy kontant besighede soos ‘n plaaswinkel of sjebeen – dis nie die risiko werd nie!!!
● ‘n Ordentlike alarm-sisteem met Infrarooi-strale of Infrarooi-“ogies” buite in tuin, maar ook by vensters en deure is deesdae ABSOLUUT NOODSAAKLIK!!! Sisteem moet gekoppel wees aan veiligheids-maatskappy vir monitering en met gewapende reaksie of instansie soos Plaaswag en jou bure per SMS stelsel.
●Kry ‘n kundige se raad en ontwerp hier in – mens is geneig om belangrike punte mis te kyk by jou eie plek. Koppel alarm-sisteem ook aan skerp buiteligte en ‘n “strobe” lig op jou dak .. as alarm “afgaan”, gaan ligte aan.
●Laat slaap klein hondjies, maar ook ‘n groot hond of twee in die huis as jy ‘n aanval verwag. Hou ook ganse buite aan om die buitehonde te help alarm maak – ganse is nie baie goeie wagte nie, want hulle is geneig om baie te raas, maar dis wel ‘n goeie afskrikmiddel.
●Die kombinasie van Infrarooi-alarmstrale, buite alarm sensors, elektriese heining (gekoppel aan alarm), honde en ganse is natuurlik die heel beste.
●As jou buite honde in nag blaf – gaan stel volgende dag ondersoek in, in die rigting waarin hulle geblaf het. Kyk vir spore, sit plekke, vuurhoutjies, sigaretstompies, urineer plekke, ens. (GAAN KYK ELKE KEER – dit sal later ‘n patroon begin volg om jou te waarsku!!!)
●As jy wel sulke “tekens” of sit plekke optel, gaan sit daar en kyk terug na jou huis. Heel moontlik gaan jy ‘n swak plek sien in jou beveiliging. Dalk ‘n oorklim plek in/by jou elektriese heining, ‘n donker kol op jou werf in die nag, ‘n swak diefwering, ens??
●Kyk deeglik en stap ook in ‘n reguit lyn terug na jou huis toe. Let veral op vir “Afrika tekens” op daardie lyn. Dalk ‘n klip in ‘n boom se mik, ‘n tou of garing of sakkie of lap op jou heining, ens ?? As jy so iets sien kry dadelik kundiges se hulp in en wees paraat !!
●Vervang badkamerdeur (of ander veilige vertek) met ‘n sterk staaldeur, koëlvas met ordentlike skuifslotte binne – vir klein kinders en oumense om in te skuil indien nodig. Versterk ook die vensters (“intruder-proof” glas) en diefwering hier.
●Al het vensters diefwering, sit aan die buitekant “expanded metal” sif diefwering op – dit bemoeilik petrolbom aanval (om die mense uit die huis te kry) Hou een of twee nooduitgange waardeur julle kan ontsnap indien nodig.
●Moenie in die aand rondry nie, neem gedurig fotos met selfoon van enige lewe op die pad in die omgewing. Hou altyd ‘n pen en notaboek byderhand vir inligting soos registrasienommers en voetganger beskrywings. (deel gereeld hierdie info met jou bure)
● Kyk vir “tekens” by hekke, heinings en paaie!!! Kyk daagliks vir vreemde voertuig- en voetspore.
●Patrolleer veral buite-paaie daagliks en “vee” met ‘n tak of ketting of sakke agter jou voertuig. “Vee” veral as julle almal die plaas verlaat agter jou op pad hoofpad toe .. dan kan jy sien wat aangaan as jy terugkeer.
●As almal uit was en julle die opstal nader, kyk vir iets wat nie daar was toe jy gery het nie – voertuigspore, voetspore, sigaretpakkies, stompies, takkies, gras, urineer plekke, ens.
●Kyk of jou honde jou kom verwelkom en kyk na hulle gedrag – waai hulle hulle sterte? Is hulle bang? Is hulle nie daar nie? As jy enige onraad vermoed – maak ‘n U-draai en kry spoed en kry hulp in!!!
●As alles veilig lyk en jy ry erf binne, as jou alarm aan is, bly in voertuig en toets eers met “remote” of alarm dalk ge-”trigger” was voordat jy parkeer en uit voertuig uitklim .. hou jou opsies oop te alle tye.
●As alles veilig lyk en jy nader die huis te voet, hou jou vuurwapen(s) gereed!!! Kyk steeds vir “iets verdags” en moedig jou honde aan om te snuffel. Kyk of daar niemand in moontlike skuilplekke is nie.
●Met die oopsluit – as jy ‘n alarm het behoort dit veilig te wees, maar laat in elk geval jou honde eers deur die huis gaan voordat jy ingaan.
●Koppel ‘n paar buiteligte aan ‘n groot 12-volt trekker battery vir noodgeval, sou die krag afgaan. Sorg dat jou alarm battery deur die nag kan hou in noodgeval. Koppel ook ‘n baie harde sirene, asook “strobe” lig (flitsende noodlig) of twee hieraan.
●Moet vir GEEN REDE uit jou huis uitgelok word nie!!! Moenie uitgaan na “krag-box” om te kyk wat aangaan as jou krag afgaan nie – kry eers hulp van buite.
●Selfde reel geld as jy water hoor loop in tuin of as iemand “om hulp roep”.
●Moet GEEN vreemdes by plaashuis (of dorpshuis) toelaat nie (dag of nag) Hanteer dit altyd as ‘n moontlike plaasaanval / roof as daar vreemdes per voertuig of voet aankom Roep onmiddelik hulp van buite af in voordat hulle naby jou kom!!! (Reel hierdie dril met jou bure en help mekaar so)
●Moenie reageer op “hulproep” van jou werkers in die nag nie !!! Maak ‘n alternatiewe reeling met hulle – in mediese noodgeval byvoorbeeld kan hulle jou bel en jy kan ambulans reel, ens.
●Moet ook nie goedsmoeds vir die “polisie” oopmaak nie – kontak jou naaste polisiestasie en bevestig eers alle detail voor jy reageer. Roep dadelik hulp in as dit verdag voorkom!!!
●Volwasse inwoners moet om die beurt slaap om wag te staan indien nodig.
●Moenie helder ligte binne die huis brand nie. Maak seker dat gordyne goed toegetrek is.
●Vervang badkamerdeur (of ander veilige vertek) met ‘n sterk staaldeur, koëlvas met ordentlike skuifslotte binne – vir klein kinders en oumense om in te skuil indien nodig. Versterk ook die vensters (“intruder-proof” glas) en diefwering hier.