WAT MISDADIGERS GRAAG WIL WEET:

Belangrike inligting wat misdadigers versamel om die beplande misdaad te vergemaklik.AIBIS Security lys punte WAT MISDADIGERS GRAAG WIL WEET

– Verlaat die inwoner(s) altyd die huis op dieselfde tyd.
– Verlaat die inwoners die huis gelyktydig.
– Bly iemand agter om die huis op te pas.
– Is daar `n spesiale afgespreekte sein/teken wanneer die inwoners terugkom.
– Kom die inwoner(s) altyd op dieselfde tyd terug.
– Is die inwoner(s) gereeld weg van die huis af.
– Gebruik die inwoner sterk drank.
– Word die inwoner(s) gou bang.
– Word die inwoner(s) gou kwaad.
– Dra die inwoner altyd sy vuurwapen.
– Wie dra almal vuurwapens in die huis.
– Watter soort vuurwapens het die inwoners.
– Hoeveel vuurwapens is in die huis.
– Word daar kontant in die huis gehou.
– Gaan die inwoner voor betaaldag bank toe.
– Is daar `n kluis in die huis en waar.
– Ondersteun die bure mekaar.
– Ouerdomme van inwoners en die bure.
– Gesels die inwoners gereeld met die bure.
– Is die bure bekend met die uitleg van die erf.
– Kan toegang tot die huis verkry word sonder dat die bure dit raaksien.
– Is daar `n hoë muur tussen die omliggende huise wat die uitsig versper.
– Is daar skuiling naby die huis.
– Stel die inwoner ondersoek in indien iets verdag plaasvind.
– Wanneer iemand in die huis iets verdag rapporteer, word dit ernstig opgeneem.
– Maak die inwoner seker dat sy honde daar is wanneer hy tuiskom.
– Is daar kwaai honde.
– Hoeveel en watter tipe telephone is in die huis.
– Word die deur en veiligheidshekke altyd, ook gedurende die dag ook gesluit.
– Is daar `n alarmstelsel geinstalleer.
– Word die voertuie altyd gesluit.
– Woon die huishulp in.
– Word besoekers by die huishulp toegelaat.

ABIS Security Investigation’s wil graag he jy en jou gesin moet veilig bly. Vir enige privaat ondersoeke of enige sekuriteits versoeke kontak ons om jou te help.